Home » Om te awol: n roman by Etienne van Heerden
Om te awol: n roman Etienne van Heerden

Om te awol: n roman

Etienne van Heerden

Published 1984
ISBN : 9780624020899
Paperback
116 pages
Enter the sum

 About the Book 

In hierdie boek is daar oorlog, maar geen held nie - net n soldaat wat weggeloop het, n man op awol. Hy het nie meer n naam nie, net n Weermagsnommer, en dit sou hy in sy slaap ook kon opsê as hy moes.Ek skree nie (sê hy in sy dagboek), ek singMoreIn hierdie boek is daar oorlog, maar geen held nie - net n soldaat wat weggeloop het, n man op awol. Hy het nie meer n naam nie, net n Weermagsnommer, en dit sou hy in sy slaap ook kon opsê as hy moes.Ek skree nie (sê hy in sy dagboek), ek sing nie, ek marsjeer net, tot in aller-Afrikaner-ewigheid marsjeer ek, sonder geweer, sonder uniform. Ek is alleen in hierdie stad. Niemand is ek, as ek deur die strate stap met my pruik op.Van die oomblik dat hy uitbreek by die barakke in Pretoria en die pad suidwaarts vat tot by sy skuilplek in die kamertjie langs die Tuine in Kaapstad, leer hy homself vergeet. Hy dobber tussen ander niemandsmense deur: Mack die mal oorlewende, Bets die wellustige, Kees die skisofreniese digter, Mentoor die ontwykende dramaturg wat menselewens instudeer ... Namate hy vorentoe vlug, haal die tydsame verlede hom in. Daar is iemand wat sy voetstappe volg. Hy sal nie lank meer niemand bly nie. Hy ontdek dat niks is soos dit lyk nie. Met sy deurbreek na homself kom daar perspektief op al die voortvlugtendes om hom.Etienne van Heerden het met sy vorige boek, die kortverhaalbundel My Kubaan, die Eugene Marais-prys verower. Om te awol is sy eerste volwaardige roman. (flapteks)